Thursday, August 06, 2020

TGIF South Africa

Welkom by TGIF Suid-Afrika

Elke Vrydag kom 'n groep manne by mekaar en een van die manne deel dan sy getuienis.

Uit ondervinding het ons geleer dat daar geweldige krag in 'n persoon se getuienis is en dat dit ander manne se lewens verander en verryk. Ek staan elke week in verwondering om te sien hoe God ons seën met uitstekende sprekers - nie noodwendig mans wat al voor groot gehore "public speaking" gedoen het nie, maar mans wie se getuienis so kragtig is dat dit die mans wat daarna luister, se lewens verander.

Na die spreker se getuienis deel die manne in tafel groepe met mekaar rondom vrae wat by die spreker se onderwerp aansluit en is daar deur hierdie 'fellowship' geleentheid vir die manne om mekaar te bedien.

Vir meer inligting kliek hier. Om 'n boodskap te stuur, kliek hier.

 

Welcome to TGIF South Africa

Every Friday a group of men gather and one of them then shares his testimony.  From experience we've realized that there is nothing as powerful as a person's testimony and these testimonies usually change mens lives and greatly enrich them.  Every week I am just astounded to see the excellent testimonies that God sends our way - these men are not necessarily great public speakers, but they are men with mighty testimonies and through their testimonies lives are changed.

After the speaker has shared his testimony, the men then break up in smaller groups and share around the table to discuss a few questions that were prepared by the speaker.  These questions usually link up with his testimony and this is the time for wonderful fellowship where the men share with each other.

For more information see click here. To send us a message click here.

Baie belangrik

Let asb. daarop dat ons byeenkomste begin Vrydae oggende 05h45 vir 06h00 tot 6h50 verdaag ons.

Dit is goed om ons in kennis te stel voor die Donderdag oggend 10h00 van dié Vrydag wat jy gaan bywoon en of jy enige gaste saambring.  Dit help ons met die voorbereiding van eet en drinkgoed, sowel as sitplekke.

Manne wat die weeklikse eposse kry, kan slegs reageer op die epos, wat dan outomaties by die persoon sal uitkom wat rekord hou van die besprekings. 

.

NB. Manne wat vergeet het om te laat weet is nogsteeds baie welkom, moet asb. nie wegbly nie !

Ons vra net GROOT ASB. julle samewerking hiermee.

Praatjies

More Manne

Glo dit gaan goed met almal

Ons kom 18 Januarie bymekaar, Mano kom met ons sy getuienis deel. Moet dit nie mis nie 

 

 

Geseende week

 


Om enige van die vorige sprekers se getuienisse af te laai - klik op die volgende "link"

 
NUUT: ook nou Podcasts: anchor.fm/tgif  Beskikbaar op die meeste Podcasts apps & sites!
 

Manne wat CDs van die praatjie wil bestel is welkom om die bestellings by  Jannie Smal by vredelusttgif@gmail.com te plaas.

Registreer vir die epos lys (op die oomblik stuur u adres aan vredelusttgif@gmail.com  met TGIF in die opskryf, ons is in die proses om dit weer aan die gang te kry, maar het al u adresse verloor).

 

Ondersteun die bediening

Alle bydraes aan die TGIF bediening is vrywillig en ons hou nie daarvan om elke week oor geld te praat nie, maar daar is ’n koste daaraan verbonde om Koffie en Croissant te voorsien en ons glo ook daarin om te saai in die lewens van die sprekers wat weekliks ons met hul getuienisse bedien.

 

Bank besonderhede

Bank: Capitec

Rekening naam: TGIF Vredelust

Rekening nommer: 137 445 9451

Tak kode: 47 00 10

Tipe rekening: Spaar

 

Copyright 2010 by TGIF South Africa - Created by DWS